Fisantekraal Uitreik 2 September 2021

Fisantekraal Uitreik 2 September 2021

Vandag was ‘n besonderse geseënde tyd. Ek verskillende huise besoek en die Woord gebring vir mense in hul huise. Twee jong mans het gesê hulle kom kerk toe Sondag en ek het vir hulle gesê ek sal uitkyk vir hulle. Bid asb dat hulle sal kom. Ek het ook baie gesprekke gehad op straat, maar lang sinvolle gesprekke. Een dame kom dalk na die Bybelstudie vanaand. Sy het my klaar gekontak. Ek kon ook paar van die gemeentelede besoek en beraad rondom hul eie uitdagings. Ek het met Bruce en Theresa gepraat, en Bruce uitgedaag om na die Here te draai en op te staan as man van sy huis. Ek het ook vir Carmen besoek wat, op versoek van Selena se ma, bietjie probleme in hul huis het. Ek kon so bietjie met haar gesels en hulle aanmoedig om op die Here te vertrou. Ek sal ‘n opvolgbesoek by Carmen doen. Bid asb vir Carmen en, Bruce en Theresa. Daar is geestelike probleme in die gesinne. Die nood is geweldig groot; veral geestelik. Dankie vir jul gebede.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *