Wat is die evangelie?

Die “Evangelie” van Jesus Christus!

“God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” (Romeine. 5:8)

Wat gaan deur jou gedagtes as jy die woord “gospel” (evangelie) hoor: musiek, kerk, godsdiens? Die woord “Evangelie” beteken eintlik “Goeie nuus.”

SLEGTE NUUS: Die mens se grootste probleem is: God is Heilig en ons is nie. God se standaard is morele volmaaktheid en ons skiet almal vêr tekort. Vra jouself af: Het jy al ooit gelieg, gesteel, iemand gehaat, in woede uitgebars, op ander neergekyk, of jou naaste se besittings begeer? “Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie” (Rom. 3:10). “Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom. 3:23). As gevolg van sonde staan ons almal skuldig voor God. Die straf wat Hy vir sondaars bepaal het, is die ewigheid in die hel. “En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe” (Matt. 25:46).

GOEIE NUUS: Die evangelie is egter goeie nuus, want God het die oplossing vir sonde voorsien deur sy eniggebore Seun te stuur om sondaars met Homself te versoen. “Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom” (2 Kor. 5:21). Jesus Christus, die ewige Seun van God, het vlees geword en in volkome gehoorsaamheid aan die wet van God geleef. In teenstelling met die hele mensdom, het Hy nie in woord, daad of gedagte gesondig nie. “Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; het self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe” (1 Petrus 2:22, 24). Deur Jesus se wonde is daar vrymaking van sonde.

Hy het vrywilliglik na die kruis gegaan en die straf wat ons toekom op Hom geneem. Drie dae later het hy uit die dood opgestaan en die sonde en die dood vir ewig oorwin.

VERLOSSING? Die vraag is, wat gaan jy met hierdie goeie nuus doen? Gaan jy die aanbod van verlossing verwerp? Of gaan jy jouself sien as iemand wat teen God gesondig het? As gevolg van jou sonde is die enigste waarborg wat jy in hierdie wêreld het, die dood. Maak nie saak hoe gesond of ryk jy is nie, jy kan nie van hierdie werklikheid ontsnap nie.

“Die mens is bestem om eenmaal te sterwe en daarna die oordeel.” (Heb. 9:27). Sou jy vandag te sterwe kom, en jy staan voor God, wat gaan jy met jou sonde doen? Is jy gereed vir daardie oomblik? Jy kan wees! Draai jou rug op jou sonde (berou) en draai in geloof na Christus. Plaas al jou vertroue in die Persoon en werk van Jesus Christus.

Geen goeie werk kan jou red nie; slegs die voltooide werk wat Jesus aan die kruis verrig het kan – “Dit is volbring” (Joh. 19:28-30). “Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring – Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees” (1 Pet. 3:18).

As jy vandag in nederige berou na Jesus draai belowe Hy, “Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie” (Joh. 6:37). Begin dan geestelik te groei deur die Bybel te lees, gereeld te bid, en by ‘n Bybelgetroue kerk aan te sluit.

Ons sal baie graag van jou wil hoor. As jy enige vrae het, kontak ons of kom woon ons Bybelstudie by:

Donderdae @19h30,
22 Geneva Singel, Uitzicht, Durbanville.
Tel: +27 (66) 111 5444 (Jaco de Beer)
Epos: dbeerj@gmail.com