VGK Bellville Evangelisasie Kursus

VGK Bellville bied ‘n evangelisasie kursus aan wat Maandag (22 Februarie) begin. ds Johan Bruintjies en broer Jaco de Beer sal voorgaan. Dit strek oor vier weke (moontlik ses) en sal elke Maandagaand om 19h30 tot 21h00 geskied. Daar sal geleentheid wees vir vrae tydens die aanbieding asook via whatsapp -> 082 990 2359 (Jaco).

Ons wil graag elke lidmaat aanmoedig om die geleentheid te gebruik om hulself toe te rus om die evangelie met ander te deel. Die evangelie is die enigste hoop vir ‘n verlore wereld.

Die program is soos volg:

22 Februarie: Verlossingswêrelbeeld РDie missie van God deur die Skrif.
1 Maart: Missionale Kerk – Christusgesentreerd, Evangeliegerig, Woordgevul, Kontektueel.
8 Maart: Evangelisasie – Ons gemeenskap vir Christus.
15 Maart: Die Evangelie – Deel dit met jou naaste.

Weens covid regulasies kan daar net 50 mense in die kerkgebou wees. Registreer asb by die -> skakel.

Dit sal ook lewendig uitgesaai word op -> YouTube.